Fran Prins Sonneblomsiel - Sonstorie filmvers-produksie deur Cordis Trust

Baie dankie dat 'Sonneblomsiel' deel uitmaak van die Sonstorie filmvers-produksie deur Cordis Trust. Die insluiting van my liedjie in die produksie is werklik 'n voorreg en eer. Vir die afgelope 25 jaar, beywer Cordis Trust hom vir die ontwikkeling en uitbreiding van Afrikaanse woordkuns, deernis en hoop. Oor 'n kwarteeu-periode is verskeie projekte van stapel gestuur ter uitbreiding van die bogemelde kernstrewes van Cordis Trust. Ter viering van 25 jaar se betekenisvolle bydraes tot Afrikaanse woordkuns, teater; die breër kunste, deernis en hoop, is 'n filmvers-produksie "Sonstorie - 'n storie van hoop'' deur Cordis Trust saamgestel mer Dr. Fanie Marais as vlagdraer van Cordis. Die produksie bestaan uit prosa, poësie en liedjies van verskeie bekende en debuut-musikante. Sonneblomsiel is opgeneem in die filmvers-produksie en lewer 'n sleutelbydrae met die klem op 'hoop'. Kliek gerus op die skakel vir 'n volle 45 minute van prosa, poësie, musiek en hoop!    • Video   Lirieke en toonsetting: Fran Prins Video redigering: Tessa Jay Glanville / Francis Steyn Grobler