Die swaar wat niemand sien nie. Markus 1:29-31

Van die swaarste dinge in ons lewens gebeur daar waar niemand sien nie: langs die siekbed, in 'n hospitaalkamer, agter 'n toe voordeur... Dan begin mens wonder: Die Here is groot en almagtig, maar sien Hy ook my kleiner verborge nood raak?