Die Armband Van Goud - Vos Broers

Legendariese sanggroep van die sogenaamde tranetrekkers! Hulle het tussen die jare 1947 tot 1968 talle opnames by verskeie platemaatskappye gemaak. Die "broers" het in verskeie kombinasies opgeneem, maar was altyd slegs 'n duo. Die lede was Nic Vos, Koos Vos, Hendrik Vos en die enigste "nie-Vos", Chris Botha. Hulle het ook opnames saam met Petrus (Bertus) van Wyk en Betsie Pretorius gemaak. Hierdie lied is sonder twyfel een van hul heel eerste treffers...