Ek soek nog - Huis van Woede

Titel: Ek soek nog... Ek glo in God, maar ons stry elke dag, ek veg ʼn oorlog in my kop waar die duiwel waak en ek lag en ek huil, ek voel vreugde en pyn en ek probeer myself weer vind tussen bier en wyn Ek soek nog na my doel, ek weet nie waar dit skuil, ek soek nog na verlossing in elke traan wat ek huil, ek soek nog vrede in die middel van die stryd en ek soek nog vir betekenis in my gegewe tyd. Ek pas nie in ʼn boksie nie, ek leef op uiterstes. Liefde en haat deel dieselfde donker nes. Waar engele fluister en duiwels my bly tart, albei los hul handafdrukke diep binne-in my hart. Ek lees my Bybel met ʼn bier in die hand en praat met God oor my siel se welstand en jy mag maar oordeel, jy mag maar probeer om sin te maak van dit en my in jou boksie in te forseer Ek pas nie in ʼn boksie nie, ek leef op uiterstes. Liefde en haat deel dieselfde donker nes. Waar engele fluister en duiwels my bly tart, albei los hul handafdrukke diep binne-in my hart. Ek soek nog na my doel, ek weet nie waar dit skuil, ek soek nog na verlossing in elke traan wat ek huil, ek soek nog vrede in die middel van die stryd en ek soek nog vir betekenis in my gegewe tyd. Ek pas nie in ʼn boksie nie, ek leef op uiterstes. Liefde en haat deel dieselfde donker nes. Waar engele fluister en duiwels my bly tart, albei los hul handafdrukke diep binne-in my hart. lirieke deur André Smit