17 July 2026

Aan U tafel Steek jou hand op AS JY VOEL JY IS GEKNAK Steek jou hand op AS JY NIE MEER KAN VAT Steek jou hand op AS JY VOEL JY KANNIE MEER Steek jou hand op AS JY DOOD VOEL IN JOU GEES Steek jou hand op AS JY VOEL DAT JY KAN SKREE Lig jou hande op HY SAL JOU IN SY GENADE BEKLEE! Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek Hy laat my rus in die groen weivelde waarna ek bly smeek Hy bring my na waters waar daar vrede rus Hy gee my nuwe krag sodat ek nog ʼn dag kan begin Hy lei my op paaie waar die son weer skyn en bring verligting aan my siel se pyn en al staar die Dood my in my gesig is daar niks waarvoor ek vrees nie, Hy hou my in Sy lig! Hy laat my aan Sy tafel sit waar Hy my seën met rus en Sy goedheid sal my volg vir al my dae al is ek vasgevang in donker nag! En al beweeg ek deur die duisternis weet ek Hy gee my krag, om te deel met die lewe en moed te skep vir nog ʼn dag en al klop die Dood aan my deur en al roep hy my naam sal ek nie bang wees nie, solank U langs my bly staan. En ek verdien nie genade nie, ek verdien nie nog kanse nie nie na alles wat ek al gedoen het terwyl ek met die duiwel gedans het nie maar hier langs U stille waters vind ek weer rus vir my ou gees en hier aan U tafel begin ek stadig weer genees. Hy laat my aan Sy tafel sit waar Hy my seën met rus en Sy goedheid sal my volg vir al my dae al is ek vasgevang in donker nag! Steek jou hand op AS JY VOEL JY IS GEKNAK Steek jou hand op AS JY NIE MEER KAN VAT Steek jou hand op AS JY VOEL JY KANNIE MEER Steek jou hand op AS JY DOOD VOEL IN JOU GEES Steek jou hand op AS JY VOEL DAT JY KAN SKREE Lig jou hande op HY SAL JOU IN SY GENADE BEKLEE! Liriek deur André Smit