Grondpad - Episode 1: Die Lewe Begin Waar Die Teerpad Eindig

Die manne maak reg om te vertrek vanaf Onca se hoofkantoor in Kempton Park. Daar is vier 4x4-motors waarvan een Appel s’n is met die naam ‘’Oorlog’’. AfriForumTV - Grondpad: ‘n Paar manne gaan 4700 km deur Suid-Afrika reis waar ons so min as moontlik teerpad gaan ry. Ons vertrek vanaf Onca se hoofkantoor in Kempton Park, maak musiek langs die pad net so na Kimberley, oornag by Witgat Safaris en geniet dit om in die modder te ry. Grondpad, ‘n splinternuwe 4x4-avontuurprogram saam met Appel, Wolfie, Len en Lee en nog ‘n paar vriende. Hulle reis op die grondpaaie van Suid-Afrika, verken die buitelewe en besoek interessante plekke. Die lewe begin waar die teerpad eindig.