Die Appelkas Ep. 2 - 40% Verlore: Is Water Shedding ’n Bestuurskrisis?

Water shedding is ’n term wat al hoe meer gehoor word in Suid-Afrika. Reservoirs onder druk. Toevoer wat beperk word. Waterverliese wat in sommige metros tot rondom 40 persent kan styg. Maar wat beteken dit werklik? In hierdie episode gesels ons met Cilliers Brink, voormalige burgemeester van Tshwane, oor hoe Suid-Afrika se waterstelsel regtig werk — van dam tot kraan. Ons breek dit prakties op: Wat is water shedding tegnies? Waar in die ketting breek die stelsel? Hoe hou waterverliese verband met kapasiteit? Hoekom lyk sekere provinsies meer stabiel as ander? Wat moet realisties gebeur om stabiliteit te herstel? Geen slagspreuke. Geen aannames. Net verduideliking en meetbare realiteit. Die Appelkas. Eerlik. Rou. Reguit.