Jou Mense My Mense: Endre Venter

Hier waar ek nou vir jou sit en tik, het ons nie ’n sent op ons naam nie. Ons word mal gebel deur al die mense wat betaal moet word. En dan die gedagtes aan wat ons kinders alles nodig het…” Dis die woorde van Ma, Veronique Venter, ook bekend as Mickey, wie se 13-jarige seun, Endre, met ’n neurologiese afwyking stoei. Hulle kon nog nooit ’n amptelike diagnose kry nie, maar word dit basies verduidelik dat sy brein wat nie seine stuur na die res van sy liggaam om saam te werk nie. Van geboorte af kon hulle sien daar is fout. Verskillende Dokters het net gesê dis reflux. Na jare se toetse kon hulle op geen diagnose af kom nie, en op 8 maande is daar ook gesê hy het statiese epilepsie, wat beteken sy breingolwe is woes besig. Hulle het ook vas gestel dat die deel van brein waar kommunikasie van kom is onderontwikkel. Hulle het ook opgetel dat hy ‘n chromosome 17 abnormaliteit het. Endre kan niks vir homself doen nie, buiten sluk. Hy kan nie praat of self sit nie. Hy het verlede maand gegaan vir ‘n neusoperasie as gevolg van ‘n gat in sy verheumelte wat sy asemhaling beinvloed het. Die finansiële uitgawes rondom Endre verskriklik baie. Hul mediese fonds, wat R11 000 per maand beloop, dek nie al sy medikasie nie, wat baie bybetalings tot gevolg het. Hy kan net sekere melk drink wat met sy gestel akkodeer. Sy doeke per maand is ook ’n groot uitgawe. Pa Stephan het sy werk verloor en ná ’n jaar van baie hard soek en talle aansoeke, het hy in Januarie by ’n nuwe maatskappy begin. Alhoewel dit heeltemal buite sy veld is, is hulle bitter dankbaar daarvoor. Elke oggend staan hy gemotiveerd op, werk hard en doen sy bes. Met die dat dit ’n verkoopsposisie is, kry hy net ’n basiese salaris van R8 000 indien daar nie kommissie is nie. Hy soek nog steeds na werk met ’n vaste inkomste en bid kliphard daarvoor. Stephan en Mickey het ook ‘n 9-jarige seun genaamd Joshua, wat tans in Laerskool Wierdapark is. Stephan, Veronique (Mickey), Joshua en Endre het by GROOTfm 90.5 kom kuier. #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm