Here Jesus Hou my vas

bron : Ousus Here Jesus hou my vas ==================== Here ek is so swak en so alleen Ek stry 'n stryd 'n stryd wat ek verloor ek val al weer en staan dan weer op om weer te val en dan weer op te staan Hou my vas, Here Jesus hou my vas ek vrees die duisternis want dit word nag Hou my vas, Here Jesus hou my vas By U alleen O Heer is al die krag Vat O Heer my hand nou vas my groot begeerte Heer is naby U Hoor my stem O Heer ek roep na U Waar is my hulp? my hulp is net by U Hou my vas, Here Jesus hou my vas ek vrees die duisternis want dit word nag Hou my vas, Here Jesus hou my vas By U alleen O Here is al my krag Stuur Here U engel nou Om 'n muur reg rondom my te bou Strek uit U Hand O Here raak my aan Dat ek weer Heer alweer op kan staan Hou my vas Here Jesus, hou my vas ek vrees die duisternis want dit word nag Hou my vas Here Jesus hou my vas By U alleen O Here is al my krag Hou my vas Here Jesus hou my vas ek pleit voor U O Here met elke las Hou my vas Here Jesus hou my vas Deur U genade is ek skoon gewas Deur U genade is ek skoon gewas