Psalm 149 Afrikaans

Bestaan daar ‘n lied Wat nuut in U oor kan klink Wat met melodie en God gegewe talent Ek tot U eer en lof kan buig En tussen die gelowig en getroues Ek nie van my eie maar U eer kan getuig Laat die eerste liefde uitroep oor God hul skepper, laat die volk van die veilige plek juig oor die Here hulle koning. Laat hulle sy Naam prys En terwyl hulle dans en speel tot sy eer sal ek sit en skryf in die donker weer Oor hoe die Here goed is vir sy volk, En selfs vir my ook Hy laat die sonder hulp oorwin Selfs vir my ook Sy troue dienaars juig oor sy mag, Selfs as hul gan lê in die nag Sal ek ook vashou aan wat U sê my swaard skerpmaak vir die geweld en straf wat voorlê So sal die wêreld se konings val En dit wat los was word weer vasgestel Die uitroep van iemand wie weer hoop En Op hulle harte getrou geskryf Prys die Here!' Laat die eerste liefde uitroep oor God hul skepper, laat die volk van die veilige plek juig oor die Here hulle koning. Laat hulle sy Naam prys