Gebaretaal + Kleure met Tannie Bianca | Leer Kleure, Praat, Tel, Vorms, Teenoorgesteldes + Meer
Kom leer gebaretaal en kleure vir babas en kleuters met afrikaanse liedjies en speletjies; en stimuleer eerste woorde vir jou kleuters met afrikaanse liedjies en speletjies. Ons leer ook oor vorms, teenoorgesteldes, hoe om tot by agt te tel en meer! Die video fokus op kleure en bevat basiese gebaretaal vir die kleure wat help om spraak te ontwikkel in babas en preverbale kleuters. Die video kan deur babas, babas en ouers of slegs ouers gekyk word om die gebaretaal vir die kleure aan te leer en saam met hul baba te oefen. Die video is ook nuttig vir kleuters om hul spraak en taal te oefen. Vir gratis flitskaarte wat julle by die huis kan uitdruk - stuur 'n epos aan [email protected]. Hoofstukke: 0:00 Inleiding 0:34 Rooi handgebaar 0:56 Oranje handgebaar 1:18 Geel handgebaar 1:41 Groen handgebaar 2:02 Blou handgebaar 2:23 Pers handgebaar 2:44 Swart handgebaar 3:06 Grys handgebaar 3:29 Wit handgebaar 3:52 Pienk handgebaar 4:13 Bruin handgebaar 4:36 Primêre kleure inleiding 4:58 Primêre kleure liedjie 7:09 "Watter kleur is ...?" speletjie 14:11 Vorm sorteerder 17:50 "Watter voorwerp pas nie" speletjie 27:12 Padda & lelieblaar pas speletjie 31:00 Reenboog boks 35:49 Die Reênboog Liedjie 38:03 "Watter ... is (kleur)?" speletjie 38:39 Kleur patroon 38:58 "Watter kleure sien julle?" 40:18 Teenoorgesteldes 41:58 Flinders tel tot 8 43:40 Tata sê 44:04 Subscribe _________________________________________________________________________ Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinder liedjies, lesse en strories het julle die regte plek gevind. As 'n besige mamma is dit moeilik om gereeld kans te kry om aan videos te werk, maar ek probeer my bes om minstens een keer 'n maand 'n nuwe video uit te bring - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle kan sien wanneer ek weer iets nuut uitbring! Julle kan my ook volg op my facebook (www.facebook.com/tanniebianca) of Instagram ( / tannie_bianca ) Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op Youtube, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET! Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!

The Lion and the Mouse & The Thirsty Frog Tiddalik | Fairy Tales for Children

🔍 Who Broke Maria’s Toy? Funny Lie Detector Test for Kids

Leer en Speel met Baba! | Baba-Gebaretaal, Getalle, Kleure & Vorms | Prettige Liedjies en Rympies!

Leer oor Teenoorgesteldes met Tannie Bianca | Leer Interessante Feite en Fantastiese Voorwerpe

Benzee speel by die huis (Deel 1)

Leer van Wilde Diere by Cango Wildlife saam met Oom Nicolaas | Afrikaanse Kindervideos

Troeteldiere - Sonneblom Kinders

Gebaretaal + Eerste Woorde vir Babas en Kleuters met Tannie Bianca | Leer Praat, Tel, Kleure + Meer

Creating & Making Pretend Ice Creams with Creative Dough

Bings Latviski | Bings Pilnas Epizodes | 70+ min | Eps 1-10

Tannie Lea: Ruimte

Dapper Muis, Wielie Walie, Eendjies, Sarie se Lammetjie, Perdjie, Swartskaap | Afrikaanse Liedjies

Troeteldiere

Avonture By die Huis met Tannie Bianca | Eerste Woorde, Tel tot 20, Alfabet Klanke, Kleure + Meer 🎉

Leer om te Praat in Afrikaans | Tel, Kleure, Letters, Vorms, Voorsetsels | Afrikaanse Rympies

Jabie - PlayTown

Beroepe - Tannie Lea besoek Beroepeland!

Leer oor die Liggaam, Klere en Higiëne met Tannie Bianca | Leer met Rympies, Speletjies en Liedjies

Finish The Super Sequence! 🔎 | Learn to Count for Kids | @Numberblocks

