Kyk hoe lyk Meiringspoort nou na stormskade

Hannes Visser van Oudtshoorn Courant, het Maandag met die hulp van David Levy, 'n inwoner van De Rust, na die eerste drie driwwe aan De Rust se kant van Meiringspoort gaan kyk. Die skade wat aan die poort aangerig is, word deur mense beskryf as die ergste sedert 1996 toe die herstel van die poort drie jaar geneem het. Daar word vermoed dat die huidige skade erger as 1996 s'n is.