Dag 5: Matopi tot Mpayathutlwa in Mabuasehube, Kgalagadi, Botswana.

14 Julie 2025: Ons vertrek vanaf Matopi kamp 1 en ry tot Mpaya Reserve kamp, Botswana. Ongelukkig vir ons het die klank op sommige van die videosnitte vreesaanjaend uitgekom. Ons het by dag 13 besef dat die mikrofoon nie op my man se nuwer foon model werk nie. By die huis het ons dit op my ouer foon getoets sonder enige klankvervorming. Gelukkig het ons dit agtergekom, al was dit eers halfpad deur die reis. So leer 'n mens...