Afrikaans Ballade - Sliek Musiek - Opgekerf Man

Jy is die hammer jou woorde is die beitel Wat my hart in stukke kerf en my siel stadig laat sterf Dit voel oneindig lank Ek sien jou lippe beweeg Maar ek hoor geen klank Hou op om my hart op te sny Het gedink dis vir ewig ek en jy Maar nou is dit verby ek probeer sluk maar My keel is droog n traan ontsnap uit my oog Elke woord kerf dieper as die een voor Ek wil skree.. ek wil niks meer hoor Hou op om my hart op te sny Het gedink dis vir ewig ek en jy Maar nou is dit verby Maak my doof en maak my blind waai my weg met die wind doen dit vinnig doen dit gou vat my weg van hier en nou Hou op om my hart op te sny Het gedink dis vir ewig ek en jy Maar nou is dit verby Ek gaan sit op die grond want ek vat dit hard Langs die saagsels van my hart Hou op om my hart op te sny Het gedink dis vir ewig ek en jy Maar nou is dit verby Hou op om my hart op te sny Het gedink jy sal langer bly Maar nou is dit verby nou is dit Verby