Vier dae te laat [22 maart 2026]

𝗕𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 || Vier dae te laat Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n. Hierdie Sondag help 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring. #eKerk #Boodskap