Jou Mense My Mense: Heinz Schnell
Juan-Pierre Schnell het vir ons ’n epos gestuur oor sy pa, Heinz, wat met gloukoom en katarakte in albei sy oë gediagnoseer is. Sy toestand het so erg versleg dat hy nou daagliks met konstante, ondraaglike pyn leef, en met elke dag wat verbygaan, verswak sy sig al hoe meer. “Om my pa – die man wat nog altyd sterk was vir ons – deur hierdie lyding te sien gaan, breek my hart op maniere wat ek nie ten volle kan beskryf nie.” Wat hierdie situasie nog meer verwoestend maak, is dat sy werk volledig daarvan afhanklik is dat hy kan bestuur (as ’n verkoopsagent by ’n batterywinkel). Sonder sy sig kan hy nie werk nie, en sonder werk kan hy nie vir ons familie sorg nie. Om die vrees, bekommernis en magteloosheid in sy oë te sien, is vir ons drie kinders ondraaglik. Dit voel asof ons hele wêreld stadig besig is om uitmekaar te val.” Hulle familie, met JP een van vyf kinders (Nikki, Kosta, Heinz Junior en Ashley), en moederhen, Argero, wat volgens JP die steunpilaar van die huis is en almal konstant moed inpraat wanneer dinge donker lyk, het hulle al alles moontlik gedoen om vir hom die mediese hulp te probeer kry wat hy so dringend nodig het. Ons het hulle gehelp met ’n konsultasie by Dr Katie Rafferty, en sy het ’n kwotasie vir herstel gestuur wat ’n R33 000 koste dra. Die Schnell-gesin, van Bon Accord, Pretoria, is nie mense wat maklik hande uitsteek of kla nie, maar 'n gesin wat elke dag hard werk en probeer om deur moeilike omstandighede te kom. Hulle dra elkeen hulle deel van die las, maar die waarheid is dat die laaste ruk ongelooflik swaar was. Vervoer het een van ons grootste struikelblokke geword. Nikki se kar het die reddingsboei van ons gesin geword, terwyl Heinz Junior die groot finansiële verantwoordelikhede dra om seker te maak ons bly kop bo water hou. JP sê; “Tog hou ons aan veg. Ons hou vas aan mekaar, aan hoop en aan die geloof dat daar beter dae voorlê. Dit is al wat ons nog altyd gedoen het – om aan te hou, selfs wanneer die pad voor ons moeilik en onseker lyk.” Pa Heinz en sy oudste dogter, Nikki, het by GROOTfm 90.5 kom kuier. #jouGROOTstefm #gaanGROOT #omgee #givingback

#ONTBYT met Doepie en Nina| Dr Pieter Groenewald

#MidOggend met Sarina Bosman | Cilliers Brink en Willie Spies

Twak Praat Ep. 20 - Robbie Wessels

Namakwaland Afrikaans

#ROUTE326 | Joseph Clark & Erin Beck | 26 Junie 2026

kuierSAKE | Rian van Heerden

PROPHETIC FLOW | PROPHETIC WORDS | SINGING IN TONGUES AND INTERPRETATIONS | THE JOY OF THE LORD

Orkney Snork Nie S04E11 😄 Marathon | Iconic South African Sitcom Full Episodes

Kerry ‘got the breaks’ v Dublin & book an All Ireland final place | Reaction from Croke Park

#ALTfokus met Venita | Grant Lowell Garcia

Kinders Van God

#ROUTE326 met Francois en Anelma | Emma van Heyn

Twak Praat 32 - Dozi

HOW TO GROW IN GOD.

So that's what the CDU wants. Unbelievable! Go ahead and send your kids then! Simply insane!!!!
![RAMBLEMAN: Into The Ramblezone 🌀 [990]](https://i.ytimg.com/vi/CQqrZtzRWCo/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLB9GmUKxHqi-HgWqMsXQntDCbf8yg)
RAMBLEMAN: Into The Ramblezone 🌀 [990]

"We need a fresh start!" – Björn Höcke in an interview – AfD

Orkney Snork Nie S04E48 🌟 Full Episodes | Award-Worthy SA Comedy Marathon

Jou Mense My Mense: Rhona Bester

