Aanhou Sing | Ft Retief Burger & Nuwe Lof (Lewendige Opname)

© 2024 Nuelight Publishing Geskryf deur: Retief Burger Vervaardig deur: Louis Brittz Opgeneem by: Kerksondermure CCLI: 7233745 Lirieke: Vers 1: Ek sal U lof verkondig, ek sal my lied bly bring Waar ander dalk mag stilbly, gee dat ek nog sing Met elke halleluja, met elke jubelnoot Groei die lofgesange, van die eeue-oue koor Voor Koor: Ek sal U loof met als wat in my is Koor: Ek sal nie stilbly, ek sal nie swyg Alles in my wese moet U prys Heer, groot in liefde, Heer, groot in krag Aan U behoort die heerlikheid en mag Met my laaste asem, met my hoogste lof Sal ek aanhou sing oor my God Vers 2: Oor al U reddingsdade, genade wat oorwin Moet my hart nog uitroep, moet my lewe sing Ek prys U in die goeie, ek prys U in die pyn Deur alles bly U waardig, om al die eer te kry Voor Koor: Bridge: Sing, alles wat asem het sing! Sing, alles wat asem het sing! Koor: Ek sal nie stilbly, ek sal nie swyg Alles in my wese moet U prys Heer, groot in liefde, Heer, groot in krag Aan U behoort die heerlikheid en mag Met my laaste asem, met my hoogste lof Sal ek aanhou sing oor my God #nuwelof #afrikaans #aanbidding #lofprys