Die Ou Poskantoor in Koster word reggeruk deur mense wat dinge laat gebeur! Vind inspirasie hieruit

Elke dorp het reeds alles wat nodig is om te floreer - vaardighede, hulpbronne en mense met 'n wil. Wat kort, is nie planne nie, maar vasbyt, 'n gemeenskap met tande. “Tande” beteken ’n gemeenskap wat saamstaan, wat mekaar ondersteun, wat nie terugstaan vir uitdagings nie en wat bereid is om verantwoordelikheid te neem vir hul eie toekoms. Bou verhoudings, ondersteun plaaslik, staan op vir wat reg is, en werk saam aan iets groter as jouself. ’n Dorp met tande is ’n dorp wat nie wag vir redding nie - hy word sy eie redding. Hoe lyk dit in jou dorp? Laat weet ons in die kommentare. Besoek die Ou Poskantoor se Facebook bladsy vir meer inligting. #boermedia #koster #selfbeskikking