So maak jy MALVA POEDING (TRADISIONEEL, RYK EN LEKKER) - Kosmeester Kortes

Grootword-kos is huiskos en ons almal weet... huiskos is lekker. Niks klop ma se kos nie! Hiermee die malva poeding waarmee ek groot geword het. Tradisioneel het hierdie poeding 'n koppie suiker in beide die koek gedeelte, sowel as die sous wat jy bo-oor giet, so om te improviseer, vir 'n effens gesonder weergawe sit ek soms net 'n halwe koppie suiker in die koek en 'n halwe koppie in die sous, afhangende van hoe ek op die dag voel. Vir die metode sien die video. Hier onder vold die bestandele (inkopie lys): Poeding bestandele: 15ml botter 125ml suiker (tradisioneel 250ml) 1 Eier 250ml koekmeel 125ml melk 15 ml appelkoos konfyt (30ml sal nie 'n sonde wees nie ;-) ) 5ml koeksoda (bi-carbonate of soda) 15ml asyn Sous 250ml room 125ml suiker (tradisioneel 250ml) 125ml kookwater 7ml vanieljegeursel #kosmeesterkortes #malvapoeding #afrikaanseresepte