2026-05-03 Oggenddiens - Trou net in die Here - Ds Pieter le Roux

OGGENDDIENS (09:00) Lees: 1 Korintiërs 7:25-40 Teks: 1 Korintiërs 7:39 Liturg: Ds Pieter le Roux Tema: Trou net in die Here Sing: Ps. 90:1,8,9; Ps. 139:1,12; Ps. 131:1,2,3; Ps. 73:10,11,12; Ps. 113:3 Paulus hanteer die vraag oor wat verloofdes moet doen in die tyd van krisis wat die gemeente beleef. Sy advies is dat hulle ongetroud bly. Maar as hulle trou, sondig hulle nie, hulle mag trou. Vir weduwees gee hy dieselfde raad: bly ongetroud. Maar, steeds – as sy trou, dan sondig sy nie. Wanneer haar man gesterf het, is sy vry om weer te trou, maar net in die Here.