Stembus: Hoe moet jy stem? | Politieke Oorsig – 3 Julie 2026
In hierdie week se Politieke Oorsig gesels ons saam met Roland Henwood oor die grootste politieke ontwikkelinge wat Suid-Afrika tans raak. Die beplande 30 Junie-optogte het heelwat minder ontwrigting veroorsaak as wat baie verwag het. Polisiediens se voorbereiding het 'n groot rol gespeel, maar die organiseerders dreig reeds met verdere weeklikse protesaksies totdat hul eise nagekom word. Wat beteken dit vir politieke stabiliteit en beleggersvertroue? Ons kyk ook na die toenemende druk op Suid-Afrikaners namate swak dienslewering, 'n krimpende industriële basis en 'n kleiner belastingbasis die ekonomie verder onder druk plaas. Met die volgende verkiesing wat nader kom, kan protesaksies meer gereeld voorkom en moontlik ook meer gewelddadig raak. Johannesburg staan voor groot bestuursuitdagings, terwyl die jongste kabinetskommelinge en politieke spanning nuwe vrae laat ontstaan. Is ANC partybelange weer bo landsbelange geplaas met die aanstelling van Dina Pule? Die DA se nuwe leiers het 'n duidelike stempel afgedruk met hul voorstelle vir kabinetskommelinge. Hul wil nie net meeloper vir ANC wees nie. Kan dit tot moontlike spanning tussen die ANC en DA lei en die RNE bedreig? Ons bespreek ook 'n belangrike vraag vir elke kieser: Hoe moet jy stem? Moet kiesers eerder fokus op ideologie, of op watter party die beste kan sorg vir betroubare elektrisiteit, water, paaie en dienslewering? Tydgrepe: 00:00 Inleiding 00:33 30 Junie optogte 11:38 Druk op Suid-Afrikaners 16:22 Protesaksie kan meer raak 18:51 Stembus 24:51 Kabinetskommelinge 37:32 Politieke partye 🎥 Bly op hoogte: https://linktr.ee/amtrendsplatforms?s... #politiekeoorsig #suidafrika #Politiek #verkiesing #RNE #ANC #DA #rolandhenwood #AMT #Nuus #Dienslewering #ekonomie #protest #johannesburg

AI has hacked the code of human civilization | Yuval Noah Harari

INSANE Voices When you LEAST Expect It! NO one Saw it Coming!

15 Minutes of Trevor Noah: Man of All Nations | Netflix Is A Joke

Koerantbespreking | Gert van der Westhuizen - Netwerk24 | 01 Julie 2026

The LOST South African Show (2023) - FULL SPECIAL

The World's Most Important Machine

Izindaba zesiZulu @13H00 l 03 July 2026

Max du Preez: The Truth About South Africa They Never Told You

BizNews Edge: Corné Mulder on Steenhuisen's fall: sympathy, not schadenfreude — and a warning for SA

Do whites really own 72% of the land in South Africa?

⚠️ 30 Junie-optogte... gaan dit gewelddadig raak? | Politieke Oorsig – 26 Junie 2026

The Fate of Hermann Göring’s Family After the Fall of Nazi Germany

30 JUNE AFTERMATH | New Musina Camp Opens as Repatriation Delays Continue | Part 7 l July 3, 2026

#ONTBYT met Doepie en Nina| Dr Pieter Groenewald

Brandstofpryse… af, maar nie genoeg nie | Ekonomiese Oorsig - 30 Junie 2026

Nigeria Seeks Compensation from South Africa for Abandoned Properties | July 3, 2026

Iindaba Zethu | 02 July 2026 #iindabazethu

‘Just Be Loyal’: Trump Rebukes NATO During High-Stakes Rutte Meeting | Trump News Today | US News

General Feroz Khan Big trouble. Threats to Journalist & buying Helicopter.

