Voortrekkers vier 85 jaar met nuwe beeld

Pretoria, 25 September 2016 - Om die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar te vier, is daar 'n splinternuwe standbeeld by die Voortrekkermonument onthul. Dis ook die eerste nuwe beeld wat by dié geskiedkundige baken opgerig is sedert die monument se ontstaan. 'n Gehoor van sowat 4 000 mense het gister én vandag die geskiedkundige geleentheid in Pretoria bygewoon.