Die VROU in die amp | Persoonlike getuienisse

Ek gesels met Lizari en Lizanne oor hulle persoonlike gewaarwordings met betrekking tot die rol van die vrou in die bediening - spesifiek hoe dit hul oortuigings oor die vrou in die amp van predikant of ouderling beïnvloed het. Hierdie is nie 'n prekerige of voorskriftelike gesprek nie, dit is geloofsgetuienisse wat vra dat die kyker sy/haar eie oortuigings onder die vergrootglas sal sit, en bepaal of hul dit nie bloot uit sentiment of onkunde aanhang nie. Die onderhoud het my net weereens gehelp om ag te slaan op hoe die Here die Skrif gebruik om ons 'geleefde ervarings' uit te daag en - waar nodig - te korrigeer, sodat ons kan deel aan die volheid van God se wil vir sy kerk en sy kinders.