BERG VAN OORWINNING (Maria se lied) - Our Father's Home/Legacy Worship
Geskryf deur Monique Foster, Tarien Broodryk en Renske Beetge (Kopiereg 2021) 'n Lied geinspireer deur Jesus se genade en dele van Maria Magdalena se storie - raakgesien deur Jesus en verlos van skande, dankbaar en diep geraak deur Sy hart vir haar en onverwagse vergifnis, sekerlik geruk deur Sy dood, en ewig vrygemaak deur Sy opstanding. 'n Liefde so perfek sien ons raak, kom vind ons, dra ons kruis en skryf 'n nuwe storie. Op die punt wat gelyk het soos die einde en op die berg wat genoem was 'die plek van die skedel' het Hy die dood oorwin, en daardie oorwinning onder ons voete geplaas. Hy het ons lief gehad tot die punt waar ons verlos is en ons vryheid duur gekoop. Dit is volbring! Niks is so groot soos Sy liefde nie - so al wat ons kan bring in dankbaarheid is - alles. Al wat ons kan sê is "U is waardig, Jesus, Heer." Lirieke: VERS 1 Dit het alles begin met U liefde U het die berg uitgeklim Die kruis op U skouers U't my kruis gedra VERS 2 Vêr was ek weg, diep my skande Maar U bloed het gevloei En in daardie oomblik Is alles betaal Die duurste prys is vir my betaal KOOR 1 Op die berg van oorwinning staan ek nou Heer Want niks kon U liefde keer Hier voor die kruis lê ek alles neer Want niks vergelyk met U offer Heer U is waardig Jesus, Heer U is waardig Jesus, Heer VERS 3 Dit is alles volbring deur U liefde Dis alles volmaak deur U bloed En in U opstandingskrag Sal ek sing, sal ek dans, sal ek leef KOOR 2 Op die berg van oorwinning staan ek nou Heer Want niks kan U liefde keer En deur die kruis het ek triomfeer Heelgemaak deur U offer Heer U is waardig Jesus, Heer U is waardig Jesus, Heer BRUG In die donkerste nag het die lig gekom En die dood is verslaan deur die lewe Ek staan onbeskaamd Hier is ek vrygemaak KOOR 3 Op die berg van oorwinning staan ek nou Heer Want niks kon U liefde keer Hier voor die kruis lê ek alles neer Want niks vergelyk met U offer Heer U is waardig Jesus, Heer U is waardig Jesus, Heer VERS 1 Dit het alles begin met U liefde U het die berg uitgeklim Die kruis op U skouers U't my kruis gedra Alle kopiereg behoort aan Monique Foster, Tarien Broodryk en Renske Beetge by Our Father's Home (HFH Productions) 2021 Video deur iFlair Photography en Patrick Foster 2021 Finale meng en meester deur Gregor Zelder by Heaven's Royal Records 2021

DROOM SAAM MET VADER GOD (Deel 3) - Ps. Cornelis van Heyningen

What A Beautiful Name - Worship Songs 2026, Best Christian Music, Start Your Morning With Worship

Laat los 3 Rudi van der Poel

Prys die Heer (Official Music Video)

Riana Nel, Retief Burger - Die Seën

Hier is ek (Official Lyric Video) - Oase Gemeente

Calming Worship Songs to Heal Your Soul

Lei My, Heilige Gees | Romeine 8:14 | Afrikaanse Aanbiddingslied

Hillsong Worship Songs 2026 Collection, Top Christian Worship Music, Morning Worship Songs Playlist

Bei dir darf ich sein (Akustik Session)

Worship Music 2026, Best Praise And Worship Songs 2026 Playlist, Top Christian Songs - Oceans

DREAM WITH FATHER GOD (Part 1) - Ps. Cornelis van Heyningen

Ek Wil Gereed Wees

“Way Maker” Worship Songs | 2 Hours of Powerful Christian Praise From Everlift & Worship Now

Hy Sing Oor Jou | Sefanja 3:17 | Afrikaanse Aanbiddingslied

Soft Worship Songs to Calm Your Heart

UPPERROOM Worship Songs Collection 🙏 | Instrumental Worship | Deep Prayer | Piano Worship

I Speak Jesus ~ Collection of Worship Songs from Hillsong Worship – The Best of Praise

