2026 April Volkskonsilie Conrad v Niekerk Ps.47:5,10

PSALM 47: 5-10 Psa 47:5 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela. Psa 47:6 Elohim vaar op met gejuig, YHWH met basuingeklank. Psa 47:7 Psalmsing tot eer van Elohim, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! Psa 47:8 Want Elohim is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing. Psa 47:9 Elohim regeer oor die nasies; Elohim sit op sy heilige troon. Psa 47:10 Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die Elohim van Abraham; want aan Elohim behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy! Ons erfdeel is die ewige lewe saam met ons Konning en Skepper. Ons is kinders van die vrye (Gal.4:31) deur die Belofte wat Hy uit liefde gemaak het aan Abraham. Wetsonderhoudings omdat ons Hom liefhet (1Joh.5:3) vorm deel van die Belofte en is die voorwaarde verbonde daaraan. Aanbidding aan, en Lofprysing aan Hom (Sef.3:9), gepaard met 'n verslae hart (Psa.51:17) en gehoorsaamheid aan Hom en Sy gebooie, is wat ons Vader van ons verwag. Hy heers oor als, vanaf Sy troon(Psa 47:9) waarop Hy sit, waar ons ook voor Sy voete gaan wil buig en aanbid. Die 12 stamme sal vergader suid van die riviere van Kus(Sef3:10), die volk van Elohim, en Hom aanbid, en ons Koning sal by ons wees