17 Augustus 2025 - Maak ons regtig ‘n verskil?

As Christene dra ons die diep oortuiging dat ons geroep is om te help. Dis deel van wie ons is – om barmhartigheid te betoon, behoeftiges te ondersteun, en na die geringes om te sien. Ons wíl help. Ons wéét ons móét help.  Ons is so bewus van ons eie posisie wat soveel beter is as baie in ons land en in ons dorp.  En ons wil dit so graag aanwend om ons wêreld ‘n beter plek te maak…  Maar wees eerlik – hoeveel het jy al gegee, gedoen, ondersteun… en later gevoel: Het dit regtig iets verander? Dalk het jy al ‘n oplossing in gedagte gehad vir iemand en alles in jou vermoë gedoen dat hulle jou oplossing volg. En tog voel dit vir jou:  As hulle tog net wil oorgaan in aksie!Of dalk het jy selfs al gesien hoe jou hulp afhanklikheid kweek, of selfs konflik bring. Ons wil in die volgende reeks indringend hierna kyk.  Wat kan ons uit die Bybel leer oor hoe kan ons beter help? Elke Sondag | Knysnakerk Knysna | Almal welkom! LiggiesKerk het oudergewoonte ook ‘n oppasdiens vir die jongspan.