Jou Geestelike Boom | Palms Bediening | Galasiërs 5 | Matteus 12 | Frits Badenhorst

In hierdie boodskap kyk ons na wat dit beteken dat ’n boom aan sy vrugte geken word. Jesus herinner ons in Matteus 12:33 dat die toestand van die boom sigbaar word deur die vrug wat dit dra. Paulus wys ons in Galasiërs 5 dat die lewe deur die Gees ook vrug voortbring: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hierdie preek nooi ons uit om eerlik na ons eie geestelike lewe te kyk. Watter vrugte dra ons? Is ons gewortel in Christus? En laat ons toe dat die Heilige Gees ons daagliks vorm? Mag hierdie boodskap jou bemoedig om dieper in God gewortel te wees en vrug te dra wat Hom verheerlik. #JouGeestelikeBoom #AfrikaansePreek #VrugVanDieGees #Matteus12 #Galasiers5 0:00 Diens begin kortliks 3:06 Diens begin 4:29 Voorsang Psalm 130 6:58 Seëngroet 7:41 Lofsang Lied 203 9:34 Psalm 1 - In watter kring sit jy? 13:53 Lofsang Lied 164 15:21 Gebed 20:15 Skriflesing en Boodskap 52:47 Gebed 53:37 Offergawes 54:54 Slotsang Lied 530 57:29 Seënbede