Churchill Naudé - 'My Afrikaans lyk soos ek ...'

Pieter Cloete het tydens Projek Afrikaans se bekendstellingsfunksie met die kletsrymer Churchill Naudé gesels oor sy Afrikaans. Sy debuutalbum, Kroeskop vol Geraas, 'n stewige album met 13 snitte is onlangs vrygestel. Dit is opgeneem deur Riku Lätti, onder die vaandel van Wasgoedlyn Produksies.