My hartjie, my liefie, die son sak weg, op Gitaar in A

My hartjie, my liefie, die son sak weg, die son sak weg, die son sak weg, O my hartjie, my liefie, die son sak weg, Daar anderkant die blou berge En ek wil ek wil ek wil met my nooientjie gaan vry, Sy is so mooi en so liefies vir my En ek wil ek wil ek wil met my nooientjie gaan vry, Daar anderkant die blou berge Ek het 'n boek wat sê dis eintlik "onder by die blou berge", maar ek is nogal seker hulle wou sê "onder by die Blou Bulle". Dieselfde boek sê "My hartjie my liefie, die maan kom op," en met nog 'n vers "Die maan sak weg," alles "onder by die blou berge", maar dis duidelik onsin, want die maan sou nie opkom by die blou berge nie as die son daar weggesak het, sou dit?