Die doring in jou vlees. Daniël Gouws

In hierdie lewensveranderende lering kyk ons na hoe God voel oor ons swakhede wat ons so maklik omring en ons laat voel of ons buite God se agenda vir ons lewe staan. Hoe versoen ons die dood, siektes, armoede en droogtes wat ons in die wereld en ons land ervaar met die goedheid (Hosea 3:5) wat ons leer ken het van Hom. Dalk sien God hierdie "dorings in ons vlees" totaal anders as ons.