Antoinette Pienaar op Theefontein video 102

OM SELF TE SLAG AS JY VLEIS WIL EET Oom Johannes het geglo as jy vleis wil eet, moet jy self die dier kan slag. Daarom was sy so geseënd dat hy haar leer slag het, vertel Antoinette Pienaar. Dis wel vir haar opmerklik hoe min jagters wat in die winter in die Karoo kom skiet, nog sélf die slagwerk kan doen. Dis immers ‘n eer om te kan slag – iets wat jy sonder vrees of wreedheid moet doen. Ons plaas elke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook- en Instagram-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za, en YouTube-kanaal Bruis - Afrikaanse tydskrif. Kontak gerus vir Antoinette by [email protected].