Die hemelse prys van liefde

Ons vier jaarliks hierdie dag, maar gewoonlik vanuit die “ontvang” kant, waar ons besef wat die kruis vir ons beteken, en hoe dit ons lewe verander het. En elke waarheid rondom dit is waar. Maar soms moet ons weer herinner word aan watter prys die Hemele moes betaal sodat ons alles kon ontvang.