Dromers & Doeners - S2 E18 - ELOFF (Johnnie Blou tot Nou)

Eloff is al vir die laaste 5 jaar een van SA se top verkopers in die Afrikaanse musiek industrie. Hy het groot golwe begin maak met sy eerste treffer Johnnie Blou, en daarna nog treffers uit gebring soos Witblits, Geheuverlies, Koue Kole, Vlerke, Bikni Weer en baie ander bekendes... Quintin gaan saam met Eloff op 'n reis deur sy lewe, waar alles begin het, hoe dinge uitgedraai het vir hom om te kom tot waar hy nou is. Hulle gesels ook oor paar van Eloff se ander belangstellings wat jou dalk sal verbaas. Geniet hierdie episode.