Die Woord: My bron van lewe
Die Woord: My bron van lewe: Tekste gebruik • Spreuke 1: 7 • 2 Timoteus 3: 16 – 17 • Matteus 7: 16 – 17 • Eksodus 15: 26 – 27 • 3 Johannes 1: 2 • Genesis 1: 29 • Genesis 9: 3 – 4 • Lukas 12: 15 • Spreuke 23: 19 – 21 • 1 Korintiërs 6: 19 – 20 Wysheid begin by ontsag vir die Here en hierdie wysheid ontvang ons uit die Woord van God. Die Bybel is nie net ’n geestelike boek nie, maar ’n volledige bron van lewe wat tot ons gees, siel én liggaam spreek. Dit leer ons nie alleen wie God is en hoe ons die ewige lewe ontvang nie, maar ook hoe ons die lewe hier en nou moet leef – hoe ons verhoudings hanteer, emosioneel gesond bly, rus, eet en na ons liggame omsien. Daarom is die Woord werklik ons bron van lewe. God se Woord gee riglyne vir ’n lewenstyl wat Hom eer en wat ons fisies beskerm. Van die begin af het God gesondheid beginsels aan Sy volk gegee, veral toe Israel in die woestyn was, sodat hulle anders sou leef as die volke rondom hulle. Hierdie beginsels het nie net geestelike betekenis gehad nie, maar ook praktiese waarde vir fisiese gesondheid. Deur hul leefwyse moes Israel wys hoe ’n volk lyk wat aan God toegewy is – ’n waarheid wat vandag steeds geld vir gelowiges. Die Bybel leer ons dat ’n mens aan sy vrug geken word, en ons lewenstyl is een van die duidelikste sigbare vrugte van ons verhouding met God. Siekte is deel van die wêreld se gebrokenheid, maar baie fisiese uitdagings is ook die gevolg van onwyse leefgewoontes. God straf nie Sy kinders met siekte nie, maar roep ons tot gehoorsaamheid wat lewe en gesondheid bevorder. Hy is die Here wat gesond maak en wat ons lei na ’n “Elim”-lewe: ’n plek van rus, vars water en gesonde voorsiening te midde van ’n moeilike wêreld. Uiteindelik herinner die Skrif ons dat ons liggame die tempel van die Heilige Gees is. Ons behoort nie aan onsself nie, maar is duur gekoop. Daarom word ons geroep om God ook met ons liggame te verheerlik – deur wys te leef, matigheid te beoefen en doelbewus te kies vir ’n lewenstyl wat Sy Naam eer. Amen

Die Heilige Gees: Sy aksies en persoonlikheid: Deel 2: Hoe lei die Heilige Gees?

Just oats and boiling water! Flatbread in 5 minutes! No flour, no oven!

20 Times When Animals Reunited With Owners After Years Make You Cry in a Special Way 2025 #23

John Lennox Brilliant Response on "Why did God command Killing in the Bible?"

Roudiens | Ilze Posthumus

Die Here is God bo alle gode (Jes 2 Op 21) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Unbelievable Smart Worker & Hilarious Fails | Construction Compilation #8 #adamrose #smartworkers

They Thought He Looked Like Jesus… The Song that BROKE EVERYONE IN TEARS | AGT 2026

My Golden Retriever Heals a Terrified Rescue Kitten in Just 3 Meetings!

The FULL VIDEO of Trump they didn’t want released

Daniel 4 - A Lesson in Humility

Die Heilige Gees: Sy aksies en persoonlikheid: Deel 3: Geestelike Gawes

John Lennox Brilliant answer on "Where's the Evidence for GOD?"

KSM Erediens I 11 Des. I God skryf ' n trefferverhaal met my lewe!

They Thought He Was Jesus... Then He Sang One of the Most Powerful Songs Ever Written | AGT 2026

Incredibly tasty spaghetti ready in 10 minutes! A quick, delicious pasta dinner recipe!

Hebreërs Journey Siklus 1

Rowan Atkinson's Brilliant Humor Leaves Celebrities in Tears!

Daniel 3S - The Son of God in the Old Testament

