Pinkster 8 Junie 2025 - Gewoonte 1: Sonder jouself af in gebed Jaco Strydom

"It is better to light one candle than to curse the darkness . . ." Die vroeë kerk het lig geleef in elke moontlike definisie van die woord. Ons het baie om te leer by dié vreemde mense wat die helderste geskyn in een van die wreedste en donkerste tye in die kerkgeskiedenis. Lig het ook ’n ander betekenis. Die suksesvolle lewe gaan oor bymekaarmaak, groter word, ryker, meer status, meer mag. Hoër, vinniger, meer, groter, belangriker . . . Maar nie volgens Jesus nie. Volgens Hom moes jy amper altyd iets laat gaan as jy regtig “suksesvol” wou wees; as jy nader aan God wil groei. Die vroeë kerk het die kuns bemeester om baie met min te doen. Hulle het lig gereis — die kerk het die grootste impak in die kerkgeskiedenis gemaak en die vinnigste gegroei toe sy die minste besit het . . . Hierdie Pinkster gaan ons probeer onthou wie ons is en fokus op vyf van die mees basiese gewoontes van die eerste volgelinge van Jesus. Gewoonte 1: Sonder jouself af in gebed