Bybelstudie | Genesis 22:1-14
In hierdie Masterclass-styl Bybelstudie kyk Dr. Pieter Visser van NG Wierdapark na Genesis 22:1–14, die aangrypende verhaal van Abraham en Isak op pad na Moria. Hierdie is nie ’n gewone preek nie, maar ’n gestruktureerde Bybelstudie wat ons help om die teks dieper en verantwoordelik te verstaan. Genesis 22 is een van die moeilikste verhale in die Bybel. God toets Abraham. Isak dra die hout. Abraham bly stil. En op die berg word die vraag al hoe dringender: Wie is God regtig? Is God soos die gode van vrees wat altyd meer vra, of is God die Een wat sien, stop en voorsien? In hierdie Bybelstudie kyk ons na: waar Genesis 22 in die groter Abraham-verhaal pas; die betekenis van God se verbond met Abraham in Genesis 15; waarom Isak die kind van die belofte is; die wêreld van offers en waarom kinderoffers so ’n belangrike agtergrond is; Abraham se stilte en Isak se vraag; hoe hierdie teks maklik misbruik kan word; en hoe Genesis 22 ons help om God beter te leer ken as die God wat die altaar onderbreek. Die kernboodskap van hierdie studie is: God is nie die God wat vernietiging eis nie. God is die God wat die verbond dra, die kind beskerm, die altaar onderbreek en voorsien. Welkom by NG Wierdapark se aanlynbediening.

Wanneer stilte skreeu | Gen 22:1-14 | 21 Junie 2026

Difference Between Germans and Slavs

Aangeraak | Matteus 9:9-13, 18-26 | Preek oor Jesus se barmhartigheid

Elke dienspligtige is geregtig op pensioen en gratis mediese sorg

Moenie Bang Wees Nie | Johannes 14:1–14 Bybelstudie | Jesus is die Weg, Waarheid en Lewe

Moenie Bang Wees Nie | Johannes 14

Wat moet in jou Grypsak wees?!

Johan Geyser - Innerlikke stilte - Episode 4

John Lennox Brilliant Response on "Why did God command Killing in the Bible?"

Pinkster 2: Die Gees versterk gewone mense | Eksodus 3:1–12

Rehoboth Afrikaans

China is building the impossible – mega-projects that are changing the world

Ik kijk 's avonds als ik naar de kerk loop altijd overal eventjes naar binnen en dan zie ik soms

Kan jy in ongewone tale praat? … Dan is hierdie onderhoud vir jou! (Ivor Jefferies en Johan Delport)

John Lennox Brilliant answer on "Where's the Evidence for GOD?"

In gesprek met ... Ds Riaan Victor

Waiter Refused to Serve Dean’s Black Friend — Minutes Later, Dean Bought the Entire Restaurant

Johannes 17:1–11 | God se heerlikheid in brose mense | NG Wierdapark Bybelstudie

12 Deutsche WASSER-Marken die du MEIDEN solltest

