Here Red Ons Kinders / Afrikaner Lied
🙏🌾 *HERE RED ONS KINDERS* | Karoomeisie 🌾🙏 "Dieselfde gebed. Dieselfde hoop. Dieselfde moederhart." *Here Red Ons Kinders* is die Afrikaanse susterlied van **Save My Children Lord**. Dit is nie 'n woord-vir-woord vertaling nie, maar dieselfde eenvoudige gebed: dat God oor ons kinders sal waak, hulle veilig sal hou, en vir hulle 'n toekoms sal oopmaak waarin hulle kan groei, bou en floreer. Hierdie lied is vir elke ouer wat swaar dra. Vir elke ma wat stilweg oor haar kinders bid. Vir elke pa wat net wil hê sy kinders moet die kans kry om hul eie drome te leef. Ons vra nie vir 'n maklike lewe nie. Ons vra vir genade. Vir beskerming. Vir geloof wanneer die pad donker raak. Mag die Here hul harte sag hou. Mag Hy hul hande sterk maak. En mag hulle eendag onder 'n oop hemel speel, vry van vrees, met hoop vir môre. 🤍 Uit die hart van 'n Boeregirl. 🎶 Hierdie lied vorm saam met *Save My Children Lord* 'n tweetalige verhaal van geloof en 'n ouer se liefde. #Karoomeisie #HereRedOnsKinders #SaveMyChildrenLord #AfrikaanseGospel #ChristelikeMusiek #AppalachianHymns #Gebed #Geloof #Hoop #AfrikaanseLiedjies Hierdie video is eenvoudig gehou — sodat jy kan stil raak… en luister. Ek dra die lied op aan elke Afrikaner hart wat hul voetspore nou in ander lande maak. Aan elke Refugee, Refugee aspirant, of voornemende immigrant wat Suid Afrika verlaat tenspyte van hul liefde vir ons mooi land. En ook aan elke Suid Afrikaner wat kies om te bly vir wat hul lief het. 🎧 Sit terug. Laat die musiek jou vat. En onthou… Net voor die reën kom, bring die wind altyd nóg ’n storie. Kanaal: Karoomeisie Nuwe liedjies: Gereeld opgelaai Teken in om nog stories uit die land te hoor 🌾 Klank Effekte 🌪 Windmill 3 by spoonbender -- httpsfreesound.orgs269462 -- License Attribution 4.0 🐓 Polish village - Rooster. Sound Effect by AudioPapkin - httpspixabay.com 🐑 Ambience_farm_02wav-14806. Sound Effect by freesound_community - httpspixabay.com 🦗 night-sound-frog-sound-8907 Sound Effect by Ghulam Raza almani Raaj almania from pixabay.com #AfrikaansMusic #Plaaslied #Karoomeisie

Save my Children Lord / Appalachian Hymn

Ek Sal Nie Jammer Wees Nie / Afrikaner Lied

Om Ons Tafel | 'n Afrikaanse Lied oor Familie, Herinneringe en Moerkoffie

Michael Bennett Tells His Story, Then Sings “Stand By My Grave” | AGT Style

Waar Net Stof Nog Lê / Afrikaner Lied

'n Boer Se Begin En Einde

The Match That Made Brazilians Hate Germany

Unbelievable Smart Worker & Hilarious Fails | Construction Compilation #8 #adamrose #smartworkers

Wynand Strydom - 31 Mei

Eggo's in die Rooistof / Afrikaner Lied

Ons is n vokop

Wat die wind nog fluister / Afrikaner Lied

Kommandant-Generaal Andries Pretorius

Michael Bennett Tells His Story, Then Sings “Stand By My Grave” | AGT Style

Lei My, Heilige Gees | Romeine 8:14 | Afrikaanse Aanbiddingslied

Lied vir my Dogter

Street Kid Playing Dylan's Song with Broken Guitar—Dylan Stopped Walking and Did THIS

Die Stem

Staan Sterk Afrikanerhart / Afrikaner Lied

