Koring Stroop 2020 Case 7088 stroper

Openbaring 14:14-16 En ek het gesien, en kyk, daar was ñ wit wolk en een soos ñ Menseseun wat op die wolk sit, met ñ goue kroon op sy hoof en in sy hand ñ skerp sekel. En ñ ander engel het uit die tempel gekom en met ñ groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. Mat 3:12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.