Diens 16 Junie | Hoe bou ons Goddelike verhoudings | Willie De Beer | Geloof wat werk (Deel 3)

Baie van ons ken die gedeelte in Jakobus wat handel oor geloof en dade (Jakobus 2), maar dis belangrik om te weet dat Jakobus spesifiek hier fokus op die beginsel van die 2de gebod. Ons dade moet die bewys wees dat ons ‘n lewendige verhouding met Jesus het. Hierdie dade gaan spesifiek in Jakobus 2 oor hoe ons verhouding met mense lyk. Goddelike verhoudings met ons naaste is slegs moontlik wanneer ons erken dat alle mense met waarde gemaak is en dat ons hulle wil lief hê reeds omdat hulle waarde het, nie iets hoef te doen om waarde te kry nie. Jesus was nie partydig in Sy liefde vir ons as mense nie, daarom kan ek en jy nie partydig wees in wie liefde en aanvaarding verdien of nie. Ons verwys gereeld na ons website waar jy van ons vorige preke kan luister, raamwerke aflaai, ons kalender volg en nog vele meer. Besoek ons website by: https://kerk.co.za/ Indien jy ons raamwerk wil aflaai, volg hierdie skakel: https://storage2.snappages.site/QFWJG... Indien iemand nie betyds by jou kan uitkom om saam met jou te bid nie, of as jy net wil hê ons moet jou naam op ons gebedslys sit, vul asb. hierdie vorm in. https://www.kerk.co.za/gebedsversoeke Indien jy jou kinders wil bedien, volg hierdie skakel om vars en oulike materiaal te kry. Gepas vir elke ouderdoms groep. https://www.kerk.co.za/bedienings Julle kan gerus ons Baptiste Kinderkerk se YouTube Blad ook besoek by @baptistekinderkerk3968 of @baptistekinderkerk3968 Vir enige ander navrae of ander inligting kontak ons by [email protected]