Wie is die hoofkarakter?

Ons verstaan dat trots nie bloot gaan oor hoe baie jy VAN jouself dink nie, maar juis ook hoeveel jy AAN jouself dink – dan is dit nie bloot selfverheffing nie, maar ook selfbejammering wat kan tel as trots, want beide hierdie kante van trots sê “kyk na my” (kyk hoe goed is ek/kyk hoe swaar kry ek). Ons gesindheid moet die nederigheid van Jesus wees en die erkenning dat Hy – nie ek nie – die ware Hoofkarakter van ons storie is