Elsiesrivier: Skieters trek los op vriende, 2 dood

Geskok, hartseer en woedend. Dit is die gevoelens van die gemeenskap van Leonsdale in Elsiesrivier oor die skietery wat Maandagaand hier plaasgevind het. Altesaam 13 mense is omstreeks 20:45 in Tiaraweg by die De Brug woonstelblok geskiet, sê Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder. Drie persone is dood. Anthony Phillips (57) en Fernando Williams (17), is op die toneel dood. Die derde persoon se identiteit is nog nie bekend nie. Tien ander slagoffers, tussen die ouderdomme van 15 en 53 jaar oud, is ook in die voorval gewond en is na die hospitaal gebring vir verdere behandeling het Rwexana bygevoeg. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.