Millennium - Hoer in beton ft. Koos Kombuis
"Hoer in Beton" verwoord die eensaamheid wat alle toerende musikante soms ervaar... wanneer jy begin dink jy herhaal jouself, jy het jou siel verkoop vir roem, en jy voel hol binne-in jouself, asof daar nie meer n regte lewende mens agter jou openbare beeld is nie. Dan smag jy na outentieke kreatiwiteit; 'n lewe met minder fans en meer ware vriende. - Koos Kombuis DOP: Lee Berg @deconstructingadamstudios845 HOER IN BETON My kitaar is my kruis Ek's sover van die huis Altyd moeg en half dronk In my Troebadoer tronk Vir hoe lank moet dit aanhou Vir hoe lank moet ek reis Deur hierdie nag sonder einde Hierdie poesparadys Wanneer laas was ek eerlik Wanneer laas het ek werklik Iets gehad om te sê Daai goed wat niemand wil hê Ek’s net ń cutaway image Gemaak van karton Vasgevang in die stage-lig ek's hoer in beton Ek’s die nar van die volk So steek maar daai dolk netso diep soos jy kan Voor ek huistoe kan gaan En hierdie aand van my afspoel Al die glans en die cool Al die strofes wat huil Waar die hartseer in skuil Gee my ń leeftyd van stilte Of ń jaar in die son Ek’s ń dooie legende Ek’s ń hoer in beton My kitaar is my kruis Ek's sover van die huis Altyd moeg en half dronk In my Troebadoer tronk Vir hoe lank moet dit aanhou Vir hoe lank moet ek reis Deur hierdie nag sonder einde Hierdie poesparadys Met my verslete bandana En my bewende hande My glasie vol trots Ek weet ek’s eintlik ń doos Vasgevang in die stage-lig Soos ń haas in die koplig Van ń bakkie vol jagters Wat jaag met die nagsig Gereed om te skiet en te tref en te troef In hul visier is die clown met sy oë so bedroef Ek’s so gatvol van lieg My skuld week ń ton Ek het als gegee wat ek kon Ek’s die hoer in beton My kitaar is my kruis Ek's sover van die huis Altyd moeg en half dronk In my Troebadoer tronk Vir hoe lank moet dit aanhou Vir hoe lank moet ek reis Deur hierdie nag sonder einde Hierdie poesparadys Wanneer laas was ek eerlik Wanneer laas het ek werklik Iets gehad om te sê Daai goed wat niemand wil hê Ek’s net ń cutaway image Gemaak van karton Vasgevang in die stage-lig ek's hoer in beton Hoer in beton Hoer in beton Hoer in beton Hoer in beton

Boer in Beton (original 1987 version) - Andre le Toit (Koos Kombuis)

Mountain of Youth — "Only in the Wild" + "Nowhere, NW" | Neighborhoods (Live in Athens, GA)

KOOS KOMBUIS - Babilon Blues

Teddy Swims Best Songs Playlist 2026 | Lose Control, The Door & More - The Ultimate Playlist

Millennium - Maak My Heel

Twak Praat Ep. 20 - Robbie Wessels

Spoegwolf - 10 Jaar (Official)

Heeltemal stom

Koos Kombuis - Lente in die Boland

Koos Kombuis & David Kramer - Ek Wil Net Huistoe Gaan (Official Music Video)

Geel September
![Brian Finch - Once In A Lifetime [Full Performance]](https://i.ytimg.com/vi/SCkMoJG6coc/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwE9CNACELwBSFryq4qpAy8IARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAHwAQH4AdQGgALgA4oCDAgAEAEYaSA7KH8wDw==&rs=AOn4CLBkmBE6W-3nUBoc4CEWr_J3yyMMYw)
Brian Finch - Once In A Lifetime [Full Performance]

Millennium - Onbeskof

No Road, Still Walking | Mississippi Delta 1930s | Raw Blues & Jazz Vibes

JY BLY STIL (ft. JACK PAROW)

Jan Blohm - Groen Trui (Offisiële Musiekvideo)

