Die Regte Popper vir Babers – Grootte, Kleur en Wenke!
Die popper is die belangrikste deel van jou popping-opstelling. Kies die verkeerde een, en jy kan baie minder babers vang. In hierdie video bespreek ek alles wat jy oor baber-poppers moet weet. Ek verduidelik die verskillende groottes, kleure en ontwerpe, wanneer om watter popper te gebruik, en waarna jy moet kyk voordat jy een koop. Of jy nou net begin pop vir babers of reeds ervaring het, hierdie video sal jou help om die regte popper vir die regte omstandighede te kies. 🎣 In hierdie video bespreek ek: Hoe 'n baber-popper werk Die verskillende groottes Watter kleure die beste werk Wanneer om watter popper te gebruik Hoe die popper saam met die aas werk Algemene foute wanneer 'n popper gekies word Praktiese wenke uit ondervinding Met die regte popper kan jy jou kanse op sukses aansienlik verbeter. Popping techniques playlist: • Popping tips for Catfish / Baber /Barbel Trip playlist: • Trip videos
