Te min slaap en te veel bravade, Schmidtsdrift het laaste gelag - De Bad Jag

De Bad Jag! ’n Jagnaweek by Schmidtsdrift wat begin het soos ’n honde skou en geëindig het soos oorlewing in die Noord Kaap. Langs die Olierivier het ons gejag op kampe so groot dat jy GPS nodig het net om jou eie bakkie weer te kry. Slaap was ’n "luxury". Die bokke (en 'n volstruis) het geval, ja, maar nie sonder uithou vermoë nie. Daar was van daardie oomblikke waar jy wonder hoekom jy nie eerder by die huis gebly het nie. En tog het ons aangehou. Met ons blou De Bad Jag hoedjies op ons koppe het ons gedoen wat enige selfrespekterende man sou doen. Ons het aangehou jag en gemaak of alles volgens plan verloop. Dit was rof, dit was chaos maar dit was belaglik lekker. As jy al ooit gewonder het hoe min slaap lyk in die veld, hierdie video wys jou presies dit. #HuntingSouthAfrica #NorthernCape #HuntingLife