Het Jesus opgestaan uit die dood? Die vraag wat elke ateïs en ongelowige moet antwoord.

Die vraag wat elke ateïs en ongelowige moet antwoord is, het Jesus Christus uit die dood uit opgestaan? En neem vir ‘n oomblik ‘n kort tydjie om na te dink voordat die vraag geantwoord word. Die ateïs is geneig om te roem om ‘n intellek wat homself nie kan verneder tot die godsdienstige geloofskwessies nie, maar wil eerder deur wetenskap en feite oortuig word. En tog terwyl hulle op so ‘n verhewe intellek reken antwoord hulle hierdie vraag met ’n besliste NEE, sonder om twee sekondes se breinkrag af te staan om redelike feite te oorweeg. Ek staan verstom hoe geleerde professore die vraag doodeenvoudig aflag of vermy. In Richard Dawkins se boek “The God delusion,” onder die hoofstuk “Arguments for God’s existence” wend hy geen poging aan om in die gegewens van die Opstanding in te gaan nie. Dit word net as intellektueel ondergeskik aan moderne denke gestel.