Klawer Treinbrug

Die treinbrug by Klawer het groot skade opgedoen tydens die vloed van 13 Mei 2026. Ons was vanmiddag by die brug om beeldmateriaal af te neem, en die omvang van die skade is duidelik sigbaar. Groot hoeveelhede rommel, modder en puin het opgehoop, en ’n enorme skoonmaakproses sal eers nodig wees voordat enige herstelwerk kan begin. In hierdie video wys ons die huidige toestand van die brug en die impak wat die vloed op die area gehad het.