3 Ouvrou Stories
DIE KRAG VAN EEN (3) OUVROU STORIES Mark 10:6-7 6maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. 7Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, (AFR53) • Elke mens op aarde het ’n sekere verwagting van die huwelik. Almal gaan blinkoog die toekoms in saam met hierdie maatjie, hierdie wonderlike lewe, hierdie sprokie. Tog word ons ontnugter deur ons verwagtinge wat nie waar word nie. • ’n Wonderlike huwelik is ’n lewenslange reis nie ’n oornag wonderwerk nie. DIE MITES VAN DIE HUWELIK 1. Ons verwag al twee presies dieselfde dinge van die huwelik. • Ons verwagtinge van die huwelik word gevorm deur ’n lewenslange proses van observasie, lesse geleer, lewens ervaringe en persoonlikheid. • Die probleem ontstaan wanneer ons dink dat ons huweliksmaat verstaan ons verwagtinge en stem daarmee saam. • Meeste botsende verwagtinge val in een van twee kategorieë nl: Onuitgesproke reëls - Die probleem ontstaan wanneer my huweliksmaat een van hierdie reëls breek. Onbewuste rolle - ons verwagting oor die rol wat my huweliksmaat moet speel Myth Buster: Julle moet bewus wees en kommunikeer oor julle onuitgesproke reëls en onbewuste rolle 2. Alles wat mooi is in ons verhouding gaan nog beter wees as ons getroud is. • Hoekom is dit nie waar nie? 1. Die romantiese gevoelens wat lei tot die huwelik kamoefleer sommige van die ooglopende tekortkominge van ons eggenoot. 2. Jy is getroud met 'n mens. Hy of sy het tekortkominge gehad nog voor julle getroud is wat meer duidelik gaan word noudat julle getroud is. 3. Elke huwelik het sy ongemaklikheid, dit sluit in dinge soos werksdruk, finansies, kinders, programme ens. Myth Buster: Soos wat jy hierdie uitdagings deurwerk kan hierdie ontnugtering lei tot ’n hegter meer intieme verhouding. 3. Alles wat sleg is in my maat lewe gaan verander die oomblik as ons getroud is. • Ons moet onthou, die feit dat ek trou verander nie my natuurlike ingesteldheid op die lewe nie. As ek van nature onvergenoegd, ongelukkig ens. was, gaan ek ook so wees na my huwelik. • Die huwelik is nie ’n substituut vir werklike moeilike werk van innerlike genesing nie. • Gesonde huwelike is tog ook ’n plek waar genesing en herstel oor ’n tydperk kan plaasvind. Myth Buster: As ’n persoon nie bereid is om te werk aan sy/haar tekortkominge voor die huwelik nie gaan hulle verseker nie daaraan werk na die huwelik nie. 4. My huweliksmaat gaan my lewe vol maak. • Die huwelik is God se manier om ons as mense te verbeter en af te rond. • My huweliksmaat kan nie my lewe vol maak nie. Hy/sy kan wel ’n rol speel in die proses waardeur ek moet gaan om heel te word. • Jesus Christus is die enigste een wat my lewe vol kan maak. Myth Buster: Net Christus kan my lewe vol maak. My huwelik kan en moet die verhouding op aarde wees wat my vervul.

2 Die sterkste fondasie vir ons huisie

Sê "La Vie" - Die beste bewaarde geheim...

Wie is jy? Met Esté Geldenhuys

The Dead Sea Scrolls Just Got DNA Tested — And the Results Are Shocking

Kom in Posisie 4 Kyk en Sien

8 Aantreklike, Lekker, Aangename huwelik

RUACH ADONAI | Soaking Worship Instrumental for Prayer

Manipulasie 2

14 Junie 2026

2022 05 24 So gebeur God se wil in my daaglikse lewe Deel 1

1 God se beskrywing van die huwelik

11 Wie is JY

BYBELSTUDIE: Stories om die vuur 3- As sonde stoom begin opbou...

God Says:"TAKE THIS MESSAGE SERIOUSLY, BECAUSE ONLY YOU ARE SEEING IT"/God Message Now/God Message

Terugslag 1 | Johan Smith

'n Pyl van oorwinning van die Here

Kom in Posisie 2 - Sit

Die Gemeente as 'n Volwasse Man

They Thought He Was Jesus... Then He Sang One of the Most Powerful Songs Ever Written | AGT 2026

