Hemelvaart 2026

Hemelvaart Tekste gebruik: • Handelinge 1: 6 – 11 • 1 Tessalonisense 4: 16 – 18 • Psalm 20: 7 • Romeine 8: 34 • Johannes 16: 7 – 8: • Psalm 24: 7 – 10 • Psalm 24: 3 – 6 Hemelvaart is nie ’n antiklimaks van Jesus se bediening nie, maar die hoogtepunt daarvan. Deur Sy Hemelvaart word Christus verheerlik aan die regterhand van God waar Hy vir ons intree en vanwaar Hy die Heilige Gees stuur. Dit bevestig Sy oorwinning oor sonde en dood, lei die kerk-era in en gee aan gelowiges die vaste hoop dat Hy eendag weer sal terugkom om Sy mense te kom haal. Soos Psalm 24 die “roemryke Koning” beskryf wat ingaan deur die ewige poorte, so het Jesus triomfantlik die hemel binnegegaan as die oorwinnaar en Koning oor alles.