SKUILPLEK VAN DIE ALLERHOOGSTE 🙏 | PSALM 91 | JOU TOEVLUG IN ELKE STORM

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit… Psalm 91🙏 “In die skuilplek van die Allerhoogste” is ’n Afrikaanse worship lied geskep en geïnspireer deur Psalm 91 — ’n boodskap van beskerming, vrede en God se nabyheid in elke oomblik. PSALM 91 (1953 Vertaling) In die beskerming van die Allerhoogste. 1HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. 2 Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. 3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! 7 Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. 8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. 9 Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; 11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. 12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. 13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. 14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. 15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien. 🎶-------------------------------------------------------------🎶-------------------------------------------------------------🎶 Hierdie lied is vir jou wanneer: 👉 Jy onseker of bevrees voel 👉 Jy rus soek 👉 Jy net weer wil onthou dat God altyd naby is 👉 Onder Sy vlerke is daar veiligheid. 👉 In Sy teenwoordigheid is daar vrede. 🎶 Indien hierdie lied jou seën, oorweeg asseblief om te: 👍 Like 💬 Comment 🔔 Subscribe vir meer Afrikaanse gospel musiek 🌎 Share met iemand wat bemoediging nodig mag hê 🙏 🎧 Luister ook na: “My siel verlang so na die Hemel” ©️ Echoes of the Throne Room #AfrikaansWorship #Psalm91 #GospelMusic #ChristelikeMusiek #WorshipSA