Tema 1 I BEDAAR EN ERKEN I Wie is hierdie God?
Bedaar En Erken: Wie Is Hierdie God? ............. Chapters: 00:00 Voorsang 06:46 Afkondigings 14:10 Votum en seëngroet 21:44 Kindermoment 28:30 Doop 34:35 Preek 1:04:17 GGO loodsing 1:21:17 Slotlied ............. Psalm 46:1-12 Hierdie eerste week lê die fondament vir die hele reeks. Ná Plássō het ons gevra: “Wat is God se voorkeurtoekoms vir ons?” Nou kom die dieper vraag: Wie is hierdie God wie se toekoms ons probeer onderskei? Psalm 46 praat met mense in onstuimige tye: berge wankel, nasies raas, koninkryke bewe en oorloë woed. God se Woord kom nie eerstens as ’n strategie nie, maar as ’n onderbreking: “Bedaar. Hou op. Laat los. Erken.” As Christene lees ons Psalm 46 kanonies. Die oorspronklike hoorders sou God as die God van Israel geken het; die volle Bybelse getuienis wys egter vir ons dat hierdie God Vader, Seun en Heilige Gees is.
